|
Fotografie
deur Kondor Photographic
Ons bied kursusse in fotografie (In Afrikaans of Engels)
en doen ook vryskut fotografie.
Die kursus:
Die 24 hoofstukke is in 7
modules opgedeel.
Die doel van die kursus is
om u die basiese tegnieke van fotografie te leer. Alhoewel
dit 'n op 'n baie basiese vlak begin, neem dit u tot en met vryskut-vlak.
Die kursus is uiters geskik vir diegene wat hulle stokperdjie
wil verbeter asook diegene wat van fotografie 'n beroep wil maak, veral
1- en 2-ster werkers by kamera klubs.
Vir meer inligting rondom
die kursus, besoek asseblief ons kollege se blad vanaf die hoof kieskaart.
(gaan terug daarheen deur op die 'indeks' knoppie bo-aan
die bladsy te klik) Ons beoog ook om eersdaags 'n fotografie
werkswinkel aan te bied ten opsigte van die neem van troufoto's.
Klik hier om die aansoekvorms af te laai:
MS-WORD-formaat (.doc)
Acrobat-formaat (.pdf)
of klik
bloot op die onderstaande logo om na die formele blad van Kondor Photographic te gaan
Vryskut Fotografie
Ek het in 1993 met vryskut
fotografie begin. Sedert daardie jare het my toerusting uitgebrei
na wat ek vandag het (2 Minolta ELR-kameras, filters en ander bybehore,
asook 'n mobiele studio). Ek het al heelwat troues, korporatiewe
funksies, familie foto's en ander geleenthede afgeneem.
Vir meer inligting rondom
die vryskut werk, besoek asseblief ons blad vanaf die hoof kieskaart.
(gaan terug daarheen deur op die 'indeks' knoppie bo-aan
die bladsy te klik)
Gratis Fotografie
Geselsgroep
(of soos dit in Engels bekend staan: "mailing list")
Almal is welkom om aan te
sluit deur 'n blanko e-pos te stuur aan
KondorPhotographic-subscribe@yahoogroups.com
en te deel in al die wonderlike besprekings wat ons
het.
Bly
op hoogte van al ons formele klasse
Almal is welkom
om aan te sluit deur 'n blanko e-pos te stuur aan
KondorCourses-subscribe@yahoogroups.com
Elke keer wat ons nuwe klasse skeduleer, stuur ons 'n boodskap aan
almal wat hierop ingeteken het. Let wel - dit is gratis om hierop in te
teken.
Fotografie - Feit,
Fiksie of Kuns?
Wat is u mening - is fotografie
feite, kuns of fiksie, of kan dit beide wees? Stuur asseblief
u kommentaar en menings aan my en vertel my sommer maar net van u belangstelling
in fotografie. kondor@mail.com
Hou die blad dop vir verdere kommentaar - ek beplan om later wel meer
oor die onderwerp te plaas, maar eers nadat ek darem 'n bietjie terugvoering
ontvang het.
Wenke
Die belangrikste twee twee
filters wat 'n fotograaf kan besit, is die UV-waas filter (of skylight)
asook 'n ring polariseerder. Die hoof doel van die UV-filter is om die
lens te beskerm (dit is goedkoper om 'n ander filter te koop as 'n ander
lens!
Nog iets wat ek al opgemerk
het - die UV-filter verminder Ultra-violet weerkaatsings vanaf ligte klere
(veral onderklere). Ek het een keer tydens 'n troue 'n foto
buite geneem van 'n dame met 'n gebreide swart pakkie - gelukkig het ek
die filter opgehad, anders sou die foto bederf gewees het.
Dit help nogal indien die fotograaf oplet en items wat foto's bederf,
vooraf illimineer.
Grootte van fotos:
Naam
Duime Sentimeters Verhouding tussen
lengte en breedte
Jumbo
4"x6" 10cm x 15 cm
2:3
Jnr-A5
5"x7" 13cm x 18cm
5:7
Snr-A5
6"x8" 15cm x 20cm
3:4
A4
8"x10" 20cm x 25cm 4:5
Super-A4 8"x12" 20cm x
30cm 2:3
Indien u wil weet wat die verhoudinge tussen lengte
en breedte te doen het met u foto's, kan u dit en nog vele meer leer
in die vryskut fotografie kursus FP101C.
Indien u wenke hier wil plaas, kan u dit aanstuur na
kondor@mail.com
|